Eens verlaat, maar hy vind sy pad!

Mnr T, is direk na geboorte in die hospitaal agtergelaat. Nou is hy agtien en staan op die drumpel van ‘n lewe met oneindige potensiaal. Hy het U hulp nodig!

U maatskappy kan Mnr T, en jongmense soos hy, help en terselfdertyd waardevolle ‘B-BBEE’ punte vir die maatskappy verdien. Die B-BBEE telkaart bied u twee opsies om Mnr T te help nl. ‘n Sosio-ekonomiese Ontwikkelingsbydrae of u maatskappy se Vaardigheids-ontwikkelingsbydrae. Dit sal verseker dat Mnr T die toekoms wat hy verdien sal kan tegemoetgaan. Nou dat hy Matriek geslaag het met vier onderskeidings en sy studies gaan voortsit in B-Com Regte, by UP, weet ons min of meer hoe daardie toekoms lyk.

Wie sorg vir ‘n kind wat verlaat is? 

*** DONATEURS, wat die middele voorsien;

*** Die Department van Maatskaplike Ontwikkeling – tot op agtienjarige ouderdom;

*** Mense wat hulleself toewy aan die taak.

Wie versorg die stukkende knie, vee die hartseer trane af en vier saam met ‘n kind die erekleure vir die prestasie om een van die beste in ‘n uitstekende skool te wees?

Wie sal die kind verder neem en sy voete vas op die aarde hou, sodat hy ‘n verantwoordelike volwassene kan word? Wie gaan die tevredenheid ervaar wanneer so ‘n jongmens sy plek begin vol staan in die samelewing?

***DONATEURS

*** en mense toegewy aan Mnr T.

Vir die laaste nege jaar was Mnr T ‘n STER! Hy het baie hard gewerk om sy ster status te verdien, maar sy lewe begin eintlik nou eers… Met B-Com Regte op UP.

Hy droom oor:

  • Die begin van sy universiteitsloopbaan op 6 Maart
  • ‘n Goeie paar informele skoene sowel as sportskoene (grote 9/10).
  • ‘n skootrekenaar van sy eie, want hy moes matriek deur met die kampusbestuurder se laptop an daardie voorreg sal hom nie meer beskore wees nie. Sonder toegang tot tegnologie kan mens vandag nie meer vorder nie.

Socio-ekonomiese ontwikkeling maak drome waar.

Met U hulp kan U verseker dat Mnr T nooit weer weggegooi sal wees nie.

Maak u bydrae HIER

Share This Page